Ek is 'n gedrewe, passievolle en entoesiastiese gekwalifiseerde spraakterapeut. Ek het my kwalifikasie aan die Universiteit van Pretoria verwerf waarna ek my gemeenskapsjaar by Gamalakhe Community Health Clinic voltooi het. Dit was tydens díe jaar waar my liefde vir kinders met spesiale behoeftes ontwikkel het en my gedryf het om die inleiding tot Tiny Handz se kurses te voltooi. Ek het aan die begin van 2022 by die Speaktacular span aangesluit waar ek met ‘n verskeidenheid kinders en hulle gesinne werk. Ek het ‘n groot passie vir voorskoolse- en skoolgaande leerders, neurorehabilitasie van grootmense met spraak- en taal afwykings, disfagiebestuur en die bevolking met spesiale behoeftes. Ek voltooi elke taak na die beste van my vermoëns en werk ywerig en doeltreffend om my kliente holisties en met die huidige beste bewysgebaseerde praktyk te behandel.