Annalese van Wyk

Ek het my graad in Spraak-Taalterapie en Oudiologie in 1992 aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Ek het my loopbaan by Garankuwa Hospitaal begin waar ek in beide spraak-taalterapie asook oudiologie gepraktiseer het. Ek het nog altyd n voorliefde vir kinders met kommunikasieprobleme en spesiale behoeftes gehad en het n kliniek vir premature babas by Garankuwa hospitaal begin. Ek het reeds van vroeg af die waarde van ‘n terapiespan besef en het vroeg in my loopbaan begin om my te beywer om saam met alle professionele persone betrokke by ‘n spesifieke kind, te konsulteer.

In 1995 het ek ‘n pos by die Transvaalse Onderwysdepartement aanvaar en as spraakterapeut in 16 skole in Johannesburg begin werk. Dit het nog ‘n belangstelling geprikkel en so het ek meer begin spesialiseer in taalontwikkeling en die ontwikkeling van ouditiewe prossessering by graad R tot graad 4 kinders. In 1996 is ek deur n Oudiloog in Centurion genader om by haar praktyk in Centurion te werk. Aan die einde van 1996 is ek n vennootskap aangebied en praktiseer ek al vir die afgelope 22 jaar in privaatpraktyk.

Ek geniet dit om met babas, kleuters en skoolgaande kinders te werk, en veral kinders met Verbale Apraksie, taalprobleme en spelling en leesprobleme. My werk is my passie en dis ‘n voorreg om ‘n verskil in ‘n kind se lewe te kan maak!